Ek het nog nooit regtig saam gestem oor hoe die skool my dogter leer spel het nie. So, toe sy in Graad 1 was het ek teen die einde van die eerste kwartaal haar hele flip file met al haar spel woorde vir die jaar uit getik en sorteer.
Vir my het dit net meer sin gemaak dat sy die klein woordjies eerste leer soos “bad” en “dak” voor sy leer hoe om “vliegtuig” te spel. Van die lys af het sy elke dag 20 woorde gedoen (soos gemerk in geel), as sy die woord vandag reg spel word hy onderstreep (gemerk in rooi) en as sy hom more weer reg spel onderstreep ek hom vir n tweede keer, teen die derde keer wat hy reg is trek ons die woord dood en gaan aan met nuwe woorde. Daar is altyd 20 woorde gemerk in geel.
Dit beteken dat ons nie gereeld dieselfde woorde geoefen het nie en teen die einde van die jaar kon ek sien by watter woorde ons nie uit gekom het nie en kon ek dit by die volgende jaar se woorde by sit.
Ons het steeds aangegaan met gewone huiswerk en leerwerk van die skool.
Afrikaans Graad 2 – Koste: R30
Pakket bestaan uit die volgende:
- 747 spelwoorde
- Meervoude
- Sinonieme
- Manlik-Vroulik
- Verkleinwoorde
- Teenoorgesteldes
- Maande van die jaar
- Dae van die week
Hier is ‘n paar toetse wat van verskillende plekke op die internet af kom.
********
Wiskunde Graad 2